As “om te skryf” jou droom is en jy graag jou naam op die rakke wil sien, is jy op die regte plek. Nes enige ander industrie is die skryfbedryf egter mededingend en kan duister wees vir buitestanders. Dis deesdae beslis nie meer net vir “gaan sit en skryf” nie. Skryfgeheime het in 2008 tot stand gekom juis om hierdie leemte aan te spreek. Hier bemeester jy alle nodige skryftegnieke en -kunsies om suksesvol te kan wees, van die vind van ‘n geskikte idee tot en met ‘n voltooide manuskrip en publikasie.
Kortliks werk sake so: Jy ontvang studiemateriaal met ‘n stapsgewyse opbou in keurige Afrikaans en jy werk net daar waar jy is – toegang tot ‘n rekenaar en e-pos is dus nodig. Jy kan eenmalig betaal of ‘n sakpasbetaalplan kies en per module afbetaal. Boonop het jy die gemoedsrus van ons geld-terug-waarborg. Dit beteken dat jy al jou geld kan terugkry as jy enigsins ontevrede is met jou kursus of jou kursusleier.
Skryfstudente wat in kreatiewe skryfwerk belangstel, werk teen hul eie pas, aanlyn en per e-pos, op ‘n een-tot-een basis saam met ‘n suksesvolle, gepubliseerde skrywer-redakteur aan ‘n kortverhaal, tydskrifstorie, prente- of kinderboek, vollengte boek of novelle.
Diegene wat in mediaskryfwerk belangstel, werk ten nouste saam met ‘n gegradueerde vryskutjoernalis aan ‘n artikel, blog of webinhoud, weer eens teen hulle eie pas, aanlyn en per e-pos.
Laat weet gerus indien jy nog enige vrae het. Of spring sommer vandag nog met ‘n geruste hart in en begin skryf jou storie of artikel met die wete dat jou sukses ook ons sukses is.
Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.
Sorry, unable to load the Maps API.
7620